Skip to main content

Gereelde Vrae

Algemeen

Om die stand en impak van Lewensoriëntering in hoërskole regdeur Suid-Afrika op te hef.

Uit ons ervaring het die meeste Lewensoriëntering Departementshoofde VYF groot bekommernisse:

  1. Om hul LO-span met die nodige vaardigheidstel te bemagtig om hul toegewysde lesse te onderrig en alle mandaatassesserings (take, projekte, eksamens) uit te voer.
  2. Om te verseker dat alle assesserings heeltemal in lyn met die nuutste LO-kurrikulumvereistes (Departementele of IEB) is.
  3. Om geskikte materiaal en hulpbronne vir hul LO-span te verskaf om hul lesse goed te onderrig.
  4. Om hul LO-span oor die onderwerp gemotiveerd te hou en vir LO-onderwysers om hul onderrigervaring te geniet.
  5. Om die beperkte begroting so ver as moontlik te strek om al die bogenoemde te dek.

 Met inagneming van hierdie bekommernisse, bied Teenactiv 'n oplossing wat elk van hierdie behoeftes aanspreek. 

Teenactiv sal verseker dat u vakadviseurbeoordelings uitstekend is, modereringsvoorleggings 'n positiewe ervaring is en dat die opstel van KW1 take/ brongebaseerde take, projekte en kontrole toets / of eksamenvrae (met nasienriglyne) nie meer 'n gevreesde taak sal wees wat ure se werk vereis nie.

Daarbenewens, sal die ontwikkeling van nuwe lesmateriaal en aktiwiteite gerieflik en pret wees.

Vir IEB-onderwysers bied Teenactiv IEB-spesifieke take, beredenerende opstelle in lyn met die IEB en IEB CAT Deel A Hulpbronne. Ons sal binnekort, deur ons nuwe hulpbronne-afdeling, voorsiening maak vir projekgebaseerde leer.

Met 'n lidmaatskap van meer as vierhonderd betalende hoërskole, het Teenactiv 'n verskeidenheid geregistreerde skole. Dit sluit privaatskole, staatskole (betalend en geen-fooi skole) en tuisskole in.

Daarbenewens is privaat skole van verskeie gelowe (insluitend Christenskap, Judaïsme en Islam) ook deel van die Teenactiv-gemeenskap.

Teenactiv fokus slegs op die behoeftes van hoërskool Lewensoriënteringsonderwysers. Of u nou 'n gesoute HOD is, die vak vir die eerste keer onderrig of na nuwe idees soek om aspekte van die kurrikulum te dek... is Teenactiv in staat om te help.

Wanneer 'n skool by Teenactiv aansluit, het al hul LO-onderwysers die opsie om op die Teenactiv-webwerf geregistreer te word en by ons posdatabasis gevoeg te word om afskrifte van alle nuwe publikasies te ontvang wanneer dit beskikbaar word.

Alle gebruikersinligting word voortdurend beskerm en nooit aan ander organisasies beskikbaar gestel nie.

Te eniger tyd kan 'n onderwyser versoek om van die Teenactiv-webwerf en se poslys verwyder te word. Al hulle inligting word dan onmiddellik geskrap. Indien 'n skool besluit om hul lidmaatskap te staak, sal al hul onderwysersinligting met verwydering geskrap word.

Teenactiv waardeer enige navrae. In gevalle, waar 'n LO-onderwyser van 'n potensiële hoërskool definitiewe belangstelling uitgespreek het of verdere inligting versoek het, word hul kontakbesonderhede vir ons gestoor om hul te voorsien van toekomstige nuus rakende Teenactiv, pryse of moontlike promosie-spesiale aanbiedinge. Sulke kommunikasie word egter slegs gedurende sekere tye van die jaar gedoen en gebruikers kan versoek om te eniger tyd van die kommunikasielys verwyder te word. Al hulle inligting word dan permanent geskrap.

Inhoud

Alle inhoud wat sedert Januarie 2021 ontwikkel is, is in Engels sowel as Afrikaans beskikbaar. Dit sluit alle komende 2026 -materiaal in.

Vertalings word deur 'n span ervare opvoeders uitgevoer wat Afrikaans by hul onderskeie skole onderrig en met die LO-kurrikulum vertroud is.

Dit is baie belangrik dat enige uitdrukkings of nuanses binne vrae behoorlik vertaal word om sodoende nie Afrikaanse leerders te benadeel nie.

Teenactiv is daartoe verbind om te verseker dat elke vertaalde dokument van die hoogste standaard is.

Teenactiv is heeltemal in lyn met al die nuutste vereistes en riglyne vir:

  • Lewensoriëntering Senior Fase Nasionale Kurrikulumverklaring (NKV)
    Kurrikulum- en Assesseringsbeleidsverklaring (KABV) Graad 7-9

  • Lewensoriëntering VOO Fase Nasionale Kurrikulumverklaring (NKV)
    Kurrikulum- en Assesseringsbeleidsverklaring (KABV) Graad 10-12

Die IEB gebruik die Suid-Afrikaanse Nasionale Kurrikulum wat deur die Departement van Basiese Onderwys gereguleer word. Teenactiv is heeltemal in lyn met die Nasionale Kurrikulum. Talle IEB-skole is lede van Teenactiv.

Teenactiv verskaf verskeie hulpbronne, wat spesifiek op die behoeftes van sy IEB skole gemik is - dit sluit nuwe IEB-spesifieke take, Graad 12 CAT A hulpbronne en beredenerende opstelle in.

Teenactiv gebruik die dienste van 'n baie ervare en gerespekteerde IEB gehalteversekeraar. Alle nuwe IEB-spesifieke inhoud word hersien en goedgekeur voordat dit gepubliseer word.

Lesvoorbereidings, KW1 Take / Brongebaseerde Take, Projekte, Junie Kontrole Toetse / Eksamenvraestelle, November Kontrole Toetse / Eksamenvraestelle, IEB Take, CAT A Hulpbronne en verskeie allerlei hulpbronne wat spesifiek tot 'n sekere onderwerp is.

Dit word voortdurend ontwikkel. Sedert 2021 sluit lesvoorbereidings tipies die volgende in:

  • Getabelleerde Onderrigplan
  • Gedetailleerde en praktiese lesmetodologieë
  • PowerPoints
  • YouTube Video's
  • Werkkaarte met klas - / groepaktiwiteite gebaseer op gevallestudies, scenario's, selfrefleksie en informele summatiewe assessering (eksamenvrae vir oefening)
  • Werkkaart Memorandums
  • Inhoudsopsomming

Teenactiv-lesse sluit 'n verskeidenheid innemende hulpbronne en aktiwiteite in om lesse, vir beide onderwysers en leerders, meer stimulerend te maak.

Sedert 2021 sluit alle lesse 'n praktiese element in (d.w.s. 'n strategie of instrument) wat leerders kan gebruik om hulle te help om toe te pas wat hulle in die klas geleer het.

Deur lesinhoud meer stimulerend te maak, is ons doel vir leerders om die inligting wat gedek word, beter te onthou sodat hulle wyse en ingeligte keuses kan maak wanneer lewenssituasies ontstaan.

Alle Teenactiv-inhoud word deur uitgekose, ervare LO-onderwysers ontwikkel. Hulle word deur ons span kundiges en konsultante gelei. Verder, voordat dit gepubliseer word, word alle inhoud se gehalte deur 'n span kundiges nagegaan om te verseker dat aktiwiteite prakties, relevant en inklusief is, en dat dit aan die nuutste Kurrikulumriglyne voldoen.

Anders as Wiskunde waar die onderrig van Pythagoras se stelling elke jaar dieselfde bly, moet die verwysings en voorbeelde wat gebruik word om temas in Lewensoriëntering te illustreer, voortdurend opgedateer word. Soedoende bly dit relevant en stimulerend vir leerders (en LO-onderwysers).

Aangesien illustrasies dikwels op aktuele kwessies in die media gebaseer word, is dit belangrik dat dit gereeld opgedateer word om enige veranderinge te weerspieël. Voorbeeld: Voor Februarie 2013 sou Oscar Pistorius as 'n rolmodel beskou word.

Nuwe inhoud word regdeur die jaar gepubliseer. In die meeste gevalle word dit in die kwartaal voor die gebruik daarvan aan skole beskikbaar gestel – om sodoende onderwysers genoeg tyd te gee om komponente daarvan in hul kwartaalbeplanning in te sluit.

Die Jaarlikse Onderrigplanne bied 'n gids van waar nuwe inhoud vir elke graad verwag kan word.

Onderwysers ontvang e-poskopieë van alle nuwe materiaal sodra dit op die Teenactiv-webwerf gepubliseer word.

Oor die afgelope een en twintig jaar het Teenactiv goeie verhoudings met elke Provinsiale Onderwysdepartement ontwikkel. Kontak ons asseblief indien u 'n kontakpersoon in u provinsie benodig.

Nuwe Junie- en November-eksamenvraestelle word elke jaar verskaf.

Elke eksamenvraestel bestaan uit Afdelings A, B, C en gedetailleerde antwoorde word in die Memorandum verskaf. Daarbenewens word die kognitiewe vlak vir elke vraag aangedui.

Vir IEB-skole: Sedert 2021 het ons begin om 'n paar beredenerende opstelle vir elke onderwerp aan te bied (bo en behalwe die gewone eksamenvraestelle)... dit word in die take gevind.

Eksamenvraestelle word in Microsoft Word-formaat aan lidskole verskaf sodat LO-onderwysers vrae uit elk van die vraestelle (vir 'n bepaalde graad) kan kies en/of uitlaat om sodoende hul eie Eksamenvraestel vir daardie graad saam te stel.

Elke poging word aangewend om enige hindernisse vir implementering te beperk. Waar toepaslik, word alternatiewe lesaktiwiteite voorgestel om voorsiening te maak vir skole met uiteenlopende hulpbronne.

Teenactiv produseer al sy eie inhoud. Ons span toegewyde inhoudontwikkelaars, gehalteversekeraars en proeflesers werk baie hard om ons hoë standaarde te handhaaf met elke item wat gepubliseer word.

Teenactiv behou die kopiereg op al die inhoud daarvan en slegs die ingetekende lidskole mag die inhoud gebruik. Lidskole kan die Teenactiv-materiaal wysig en gebruik op watter manier hulle ook al voel gepas is om hul LO-lesse met hul leerders te verbeter.

Dit is onwettig om Teenaktiv-inhoud aan nie-lidskole te versprei sonder ons toestemming of om Teenactiv-inhoud op onderwysers-WhatsApp-groepe of Facebook-groepe (wat onderwysers van nie-lidskole insluit) sonder ons toestemming te plaas.

Moedig asseblief enige LO-onderwysers wat ondersteuning nodig het aan om Teenactiv te kontak en hul skool te kry om in te skryf.

Teenactiv het 'n ooreenkoms met Boost EQ, waardeur die toegang tot en gebruik van enige Teenactiv eksamenvraestelle wat ouer as twee jaar is, toegelaat word. In ruil daarvoor het alle LO-onderwysers by Teenactiv-lidskole gratis toegang tot Boost EQ.

Die Boost EQ webblad sal eers vanaf 2024 toeganklik wees vir matriekleerders van Teenactiv-lidskole.

Lidmaatskap

Teenactiv werk op 'n jaarlikse intekeningbasis waardeur 'n skool vir die jaar aansluit - met die opsie om te hernu.

Drie intekeningfooi-opsies is beskikbaar vir 2027:

  • Vir Dubbelmediumskole (wat toegang tot beide die Engelse en Afrikaanse weergawes van die inhoud wil verkry) sal die intekeningsfooi R4 995 (BTW ingesluit) wees.
  • Vir Engelssprekende skole, sal die intekeningsfooi R4 495 (BTW ingeluit) wees.
  • Vir Afrikaanssprekende skole, sal die intekeningsfooi R3 995 (BTW ingesluit) wees.

Die intekeningsfooi laat alle Lewensoriënteringsonderwysers by 'n skool toe om van Teenactiv en sy hulpbronne tot 31 Desember 2027 gebruik te maak.

Klik op die Sluit aan-knoppie op die Teenactiv-webwerf en versoek 'n kwotasie vir u skool. Alternatiewelik, kan u ons skakel op 021 686 2299 of 'n e-pos aan info@teenactiv.co.za stuur.

Daarna behels die proses slegs twee aksies: die betaling van die aangevraagde kwotasie en die stuur van die name (voornaam en van) en e-posadresse van al die onderwysers in u skool se LO-departement.

Sodra die betaling ontvang is, sal Teenactiv dadelik elke onderwyser se aanmelDBOsonderhede (per e-pos) deurstuur en hulle sal onmiddellike toegang tot al die inhoud wat op die Teenactiv-webwerf beskikbaar is, hê.

Slegs onderwysers by hoërskole wat die Lewensoriënteringskurrikulum dek.

Met skole wat elke jaar hul lidmaatskap moet hernu, dien dit as 'n maatstaf van aanspreeklikheid en 'n aansporing vir Teenactiv om voortdurend waarde tot ons lidskole toe te voeg.

Dit word gedoen deur te verseker dat ons by al ons beloftes hou, ons hoë standaarde handhaaf en voortdurend nuwe metodes ondersoek om die impak van die vak te verbeter.

Intekeninge loop tot jaareinde. Skole moet Teenactiv voor die jaareinde in kennis stel indien hulle wil staak.

Teenactiv bied daaglikse ondersteuning per per e-pos (carstengertz@teenactiv.co.za) of per telefoon (021 686 2299). Ons reaksietyd is gewoonlik dieselfde dag.